In ag genome dat die WKOD se kernwaarde vir Julie DIENSBAARHEID is, het Boland Landbou se seuns gevoel hulle wil ‘n verskil maak en so ook hulle deel vir Mandeladag te doen. Maandag 20 Julie het hulle sop en broodjies aan die leerders van Hillcrest Primêr bedien. Inwoners vanuit dié gemeenskap was ook welkom.