Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 13 VAN 2020

Artikel - Bladsye

Geagte Ouers/Voogde

Ek vertrou dat dit goed gaan met elkeen van u, en dat julle gesond en veilig is. Die afgelope week het die gr.12’s hulle 5de week by Boland Landbou voltooi. Die gr.11’s het hul eerste week agter die rug en die gr.10’s keer DV Sondag-middag tussen 17:00 & 18:00 terug en hervat hul onderrig in klaskamers op Maandag.

In verlede week se omsendbrief sou u gesien het dat ons nooit meer as 3 grade by die skool gaan hê nie. Dit gee vir ons die geleentheid om sosiale afstande in die klaskamers, sowel as die koshuise, te handhaaf.

Baie belangrik! Na die minister van Onderwys, me. Angie Motshekga, se aankondiging gisteraand dat die regering gaan afwyk van die Gazette se gepubliseerde datums, het die Minister van Onderwys in die Wes-Kaap, as volg gereageer (ek plaas uittreksels van hul verklarings, en heg beide om volledigheidshalwe ook aan):

STATEMENT BY MINISTER DEBBIE SCHÄFER WESTERN CAPE MINISTER OF EDUCATION Date: 2 July 2020

According to section 7 of the directions gazetted by the national minister on 23 June 2020, schools that are ready to do so may bring in grades other than those specified if they wish to do so, and must notify the Head of Department accordingly.

Boland Landbou het reeds toestemming van die Onderwyshoof, Mnr. Brian Schreuder, verkry om ons gr.10’s op 6 Julie terug te bring skooltoe.

Nog meer belangrik! Ouers wat ongemaklik voel om hul seuns terug te stuur skool/koshuis toe, het die volgende keuse, ook vervat in Me. Debbie Schäfer se verklaring:

In addition, the directions of 23 June make provision for the Head of Department to grant parents who are anxious about their children attending class during the global pandemic a conditional exemption from sending their children to school. This will be conditional on parents taking responsibility to oversee their children’s learning at home, and to collect from and deliver to their child’s school whatever work is required. The duration of the exemption will be dependent on a continuing assessment of the status of the epidemic. As previously said, learners who have high-risk comorbidities may be kept at home by their parents, also on condition that they take responsibility for their learning at home, and on provision of medical evidence. Applications must be made to the Head of Department via the school principal. The relevant forms will be sent to schools in the next two days.

Dit beteken dus dat ouers, van enige graad, die keuse kan uitoefen om nié hul seun terug te stuur skool toe nie. Personeel van Boland Landbou sal dan voortgaan om die seuns aanlyn te voorsien van onderrig. U as ouer moet egter verstaan dat die onderwysers tans ook met klasse voor hul sit, merkwerk het en koshuisdiens moet verrig. Binne hierdie raamwerk sal hulle hul bes doen.

Indien u aansoek wil doen vir bogenoemde vrystelling (via my as hoof na die Wes-Kaapse Onderwyshoof), stuur asb. ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Koshuis-inwoning: Daar was ‘n paar navrae vanaf ouers rondom die opsie om hul seuns daagliks in te bring skool toe, en weer in die middae te kom haal. Ons as bestuur het dit deeglik ondersoek en dit is ons eerlike opinie dat ons protokolle, soos tans in plek, vir ons beter geleentheid gee om die seuns, wat vir 5 dae van die week op die terrein woon en skoolgaan, te bestuur. Sifting (“screening”), m.a.w. die meet van temperature, asook die vraelyste, geskied soggens nadat die seuns opgestaan het, en ook saans, tydens studie. Seuns mag nie soggens uit hul kamers kom voordat hul nie deur die siftingproses gegaan het nie.

Ouers wat ‘n ongemak het om hul seuns terug te stuur koshuis toe, het dus die opsie om hul kinders tuis te laat bly en dan gebruik te maak van die afstandonderrig opsie soos in minister Debbie Schäfer se verslag.

Indien u hierdie opsie verkies, vra ons u om asseblief vir Mnr. Johan Moolman te laat weet by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Akademie: Die graad 11 seuns het vandag hul uitstaande Maart-eksamen vraestelle geskryf. As gevolg van die verskraalde kurrikulum en verminderde assesserings by die ander grade, is dit nie nodig vir die gr.10, 9 en 8 leerders om nog ‘n Maart-vraestel te skryf nie. Al die grade se rapporte vir kwartaal 1 gaan dus volgende Vrydag (10/07/2020) uitgestuur word.

Data: Indien daar nog enige verdere behoefte is aan data vir u seun, kontak asb. Me. Lucia Dreyer by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Die gr. 10’s keer DV Sondag, 5 Julie, terug na die koshuis en hervat hul klasse op Maandag, 6 Julie. Ons sien daarna uit om die manne ook terug te verwelkom by die skool!

By Boland Landbou gaan ons ‘n rotasie-rooster volg, waar al die grade (buiten die gr 12’s) om die beurt ‘n week aan/week af roetine gaan volg.  Hieronder is ‘n uitleg van die indelings en datums:

Datum

Dag

Graad 12

Graad 11

Graad 10

Graad 9

Graad 8

6/7

Ma

Skool

Skool

Skool

x

x

7/7

Di

Skool

Skool

Skool

x

x

8/7

Wo

Skool

Skool

Skool

x

x

9/7

Do

Skool

Skool

Skool

x

x

10/7

Vr

Skool

Skool

Skool

x

x

13/7

Ma

Skool

Skool

Skool

x

x

14/7

Di

Skool

Skool

Skool

x

x

15/7

Wo

Skool

Skool

Skool

x

x

16/7

Do

Skool

Skool

Skool

x

x

17/7

Vr

Skool

Skool

Skool

x

x

20/7

Ma

Skool

Skool

Skool

x

x

21/7

Di

Skool

Skool

Skool

x

x

22/7

Wo

Skool

Skool

Skool

x

x

23/7

Do

Skool

Skool

Skool

x

x

24/7

Vr

Skool

Skool

Skool

x

x

27/7

Ma

Skool

Skool

Skool

x

x

28/7

Di

Skool

Skool

Skool

x

x

29/7

Wo

Skool

Skool

Skool

x

x

30/7

Do

Skool

Skool

Skool

x

x

31/7

Vr

Skool

Skool

Skool

x

x

3/8

Ma

Skool

x

x

Skool

Skool

4/8

Di

Skool

x

x

Skool

Skool

5/8

Wo

Skool

x

x

Skool

Skool

6/8

Do

Skool

x

x

Skool

Skool

7/8

Vr

Skool

x

x

Skool

Skool

Kwartaal 2 eindig

10/8

Ma

Vrouedag (oorgedra vanaf Sondag)

11/8

Di

Publieke Vakansiedag

 

Kwartaal 3 begin

12/8

Wo

Skool

Skool

Skool

x

x

13/8

Do

Skool

Skool

Skool

x

x

14/8

Vry

Skool

Skool

Skool

x

x

17/8

Ma

Skool

Skool

x

Skool

x

18/8

Di

Skool

Skool

x

Skool

x

19/8

Wo

Skool

Skool

x

Skool

x

20/8

Do

Skool

Skool

x

Skool

x

21/8

Vry

Skool

Skool

x

Skool

x

24/8

Ma

Skool

x

Skool

x

Skool

25/8

Di

Skool

x

Skool

x

Skool

26/8

Wo

Skool

x

Skool

x

Skool

27/8

Do

Skool

x

Skool

x

Skool

28/8

Vry

Skool

x

Skool

x

Skool

31/8

Ma

Skool

Skool

x

Skool

x

1/9

Di

Skool

Skool

x

Skool

x

2/9

Wo

Skool

Skool

x

Skool

x

3/9

Do

Skool

Skool

x

Skool

x

4/9

Vry

Skool

Skool

x

Skool

x

7/9

Ma

Skool

x

Skool

x

Skool

8/9

Di

Skool

x

Skool

x

Skool

9/9

Wo

Skool

x

Skool

x

Skool

10/9

Do

Skool

x

Skool

x

Skool

11/9

Vry

Skool

x

Skool

x

Skool

14/9

Ma

Skool

Skool

x

Skool

x

15/9

Di

Skool

Skool

x

Skool

x

16/9

Wo

Skool

Skool

x

Skool

x

17/9

Do

Skool

Skool

x

Skool

x

18/9

Vry

Skool

Skool

x

Skool

x

21/9

Ma

Skool

x

Skool

x

Skool

22/9

Di

Skool

x

Skool

x

Skool

23/9

Wo

Skool

x

Skool

x

Skool

Kwartaal 3 eindig

Kwartaal 4 begin 05/10/2020

Skole sluit 15/12/2020

Die verdere datums (na 05/10) sal later aan u gekommunikeer word.  Afhangende van die verandering van inperkingsvlakke (in die land), kan dit wees dat protokolle by skole ook kan verander.

Tuis-wekeOmrede ons die getalle in koshuise ook moet beperk, is die versoek dat grade wat nie ‘n spesifieke week skoolgaan nie, tuis sal bly.  In die week wat hul wel by die skool gaan wees, sal genoeg werk aan hul gegee word om die opvolgende week tuis af te handel. 

Ouers wat ver woon, en vir wie dit moeilik gaan wees om hul seuns in die “af” week tuis te kry, moet asseblief reëlings met mnr Johan Moolman in dié verband tref (This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.).

SKOOLKWARTALE VIR RES VAN 2020

Tweede

Soos gereël

07 Augustus

Derde

12 Augustus

23 September

Vierde

05 Oktober

15 Desember

KLEREWINKEL

TYE VIR DIE KLEREBANK TOT 12 AUGUSTUS

Maandag

06 Julie

16:30 – 17:00

Dinsdag

07 Julie

16:30 – 17:00

Maandag

13 Julie

16:30 – 17:00

Maandag

03 Augustus

16:30 – 17:15

Dinsdag

04 Augustus

16:30 – 17:15

Woensdag

12 Augustus

16:30 – 17:30

Daarna weer terug na normaal elke Dinsdag 16:45 – 17:30

As daar nood is, help ek ook ouers by die klerebank.

DIENSBAARHEID

Beste HLB ouers - ons skool se kernwaarde vir Julie is DIENSBAARHEID en daarom neem ons graag die vrymoedigheid om die onderstaande noodkreet vanaf ons plaaslike DBV met u te deel en te vra of u asseblief sal deelneem aan hierdie projek en sodoende ons leerders sal help om 'n verskil te maak in ons gemeenskap.

ENIGE skenking (kombers, laken, handdoek, kos) kan in die Bemarkingskantoor by die skool afgegee word.  Ons vra dat hierdie bydraes asseblief Maandag 6 Julie afgegee sal word.

By voorbaat dank vir u onbaatsigtige bydrae.  Dit word opreg waardeer.

Van die DBV:  Ons beleef hierdie jaar 'n moeilike, koue, oorvol winter en die DBV en ander diereskuilings is in paniek.  Baie mense wat hulself sonder werk bevind, gooi hul katte en honde by die DBV af omdat hulle nie meer die diere kan bekostig nie.  Daar is nie genoeg beddens, handdoeke en komberse om die arme diere in die nag warm te hou nie.  Die DBV doen 'n desperate beroep - ENIGE ou komberse, handdoeke, kussings, materiaal of linne, selfs badkamer- of deurmatjies.  Dink aan die hartseer troeteldiere wat snags die koue temperatuur moet verduur.  Kyk of u iets het wat u kan skenk om hul lewensgehalte te verbeter.  Dit maak nie saak of dit ou en geskeurde komberse of handdoeke is nie, dit sal steeds warm wees.  Dankie ...  U bydrae sal waardeer word .

Kernwaardes: Julie

Diensbaarheid

= Goeddoen

= Om uit te reik

= Om te help

= Om bereidwillig te wees om te dien

= Om God te eer.

Om diens te lewer - aan 'n persoon, 'n groep, 'n gemeenskap, 'n saak of 'n geloof - beteken dat u gekies het om voort te gaan sonder om terug te verwag.

Miskien 'n ietwat snaakse en naïewe siening, maar om te gee, sonder om iets terug te verwag, is die grootste definisie van diensbaarheid.

OUERSKAP-POTGOOI BESKIKBAAR

Wat doen ek as ek nie my seun se vriende goedkeur nie?  Hoe sorg ek dat my seun meer deel wat in sy lewe aangaan?  Hoe help ek om my seun te kies wat hy wil word?  Hierdie is van die vrae wat in baie Boland-ouers se harte leef.  Ek wil jou as ouer wat met hierdie vrae leef, help en daarom het ek ‘n paar individue genader om hule eie ervarings rakende ouerskap te deel.  Die eerste onderhoud is opgeneem met ds Francois Human, ‘n oud-ouer van ons skool.  Die onderhoud is as ‘n potgooi op Boland Landbou se webtuiste beskikbaar en jy is welkom om dit af te laai en daarna te luister.

Volg gerus hierdie skakel (https://www.bolandlandbou.co.za/images/video/Ouerskap1.mp3).  Jy is ook welkom om enige vrae of voorstelle aan my te stuur This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Naweek-optrede:  Ons doen ‘n ernstige beroep op ouers om toe te sien dat hul seuns tydens naweke steeds bly by die inperkingsreëls. Sosiale byeenkomste soos verjaarsdag-partytjies is teen die inperkingsreëls en enige persoon wat so ‘n geleentheid bywoon, stel nie net homself bloot nie, maar die hele skool-gemeenskap by Boland Landbou.

Aanhangsels: Sien aangeheg die protokolle van die WKOD & Boland Landbou - u kan uself vergewis daarvan. Vrae en voorstelle is baie welkom!

Ouers - hierdie is beslis nie ‘n maklike tyd nie. Ons vra julle gebede vir ons skool, ons kinders, ons land en ook vir ons onderwysers. Mag God ons beskerm en so gou moontlik weer “normaal” na ons land terugbring.

S J HARTMAN

SKOOLHOOF

2020-07-03