Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 15 VAN 2020

Geagte Ouers/Voogde

Ons het begrip daarvoor dat die Nasionale Onderwysdepartement tans baie onsekerhede moet hanteer, en dat daar druk geplaas word vanaf vakbonde om skole weer te sluit.  Ons is bewus van gesprekke wat vandag plaasvind tussen onderwys-vakbonde en die Nasionale Minister van Onderwys. Ons prioriteit by Boland Landbouskool is om ons akademiese jaar suksesvol te voltooi en insette wat ons kon gee om dit reg te kry, het ons gemaak op die nodige platforms.

Die 2020 Nasionale Senior Sertifikaat eksamenrooster vir graad 12-leerders en ander datums is steeds nog nie gefinaliseer en gepubliseer nie.

Ons bly egter by die datums (soos die afgelope weke aan u gekommunikeer) vir leerders se terugkeer, asook die rotasieweke. Indien daar iets vanaf nasionale vlak verander, sal ons dit onmiddellik aan u kommunikeer.

Ons is dankbaar dat ons leerders vanuit Namibië uiteindelik hierdie week by ons kon aansluit. Dit het baie ure se beplanning, papierwerk en geduld geverg - dankie vir almal wat betrokke was by hierdie proses.

DATA

Indien daar nog enige verdere behoefte is aan data vir u seun, kontak asseblief me. Lucia Dreyer by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

ROTASIE-ROOSTER:

Datum

Dag

Graad 12

Graad 11

Graad 10

Graad 9

Graad 8

20/7

Ma

Skool

Skool

Skool

x

x

21/7

Di

Skool

Skool

Skool

x

x

22/7

Wo

Skool

Skool

Skool

x

x

23/7

Do

Skool

Skool

Skool

x

x

24/7

Vr

Skool

Skool

Skool

x

x

27/7

Ma

Skool

Skool

Skool

x

x

28/7

Di

Skool

Skool

Skool

x

x

29/7

Wo

Skool

Skool

Skool

x

x

30/7

Do

Skool

Skool

Skool

x

x

31/7

Vr

Skool

Skool

Skool

x

x

3/8

Ma

Skool

x

x

Skool

Skool

4/8

Di

Skool

x

x

Skool

Skool

5/8

Wo

Skool

x

x

Skool

Skool

6/8

Do

Skool

x

x

Skool

Skool

7/8

Vr

Skool

x

x

Skool

Skool

Kwartaal 2 eindig

10/8

Ma

Vrouedag (oorgedra vanaf Sondag)

11/8

Di

Publieke Vakansiedag

 

Kwartaal 3 begin

Datum

Dag

Graad 12

Graad 11

Graad 10

Graad 9

Graad 8

12/8

Wo

Skool

Skool

Skool

x

x

13/8

Do

Skool

Skool

Skool

x

x

14/8

Vry

Skool

Skool

Skool

x

x

17/8

Ma

Skool

Skool

x

Skool

x

18/8

Di

Skool

Skool

x

Skool

x

19/8

Wo

Skool

Skool

x

Skool

x

20/8

Do

Skool

Skool

x

Skool

x

21/8

Vry

Skool

Skool

x

Skool

x

24/8

Ma

Skool

x

Skool

x

Skool

25/8

Di

Skool

x

Skool

x

Skool

26/8

Wo

Skool

x

Skool

x

Skool

27/8

Do

Skool

x

Skool

x

Skool

28/8

Vry

Skool

x

Skool

x

Skool

31/8

Ma

Skool

Skool

x

Skool

x

1/9

Di

Skool

Skool

x

Skool

x

2/9

Wo

Skool

Skool

x

Skool

x

3/9

Do

Skool

Skool

x

Skool

x

4/9

Vry

Skool

Skool

x

Skool

x

7/9

Ma

Skool

x

Skool

x

Skool

8/9

Di

Skool

x

Skool

x

Skool

9/9

Wo

Skool

x

Skool

x

Skool

10/9

Do

Skool

x

Skool

x

Skool

11/9

Vry

Skool

x

Skool

x

Skool

14/9

Ma

Skool

Skool

x

Skool

x

15/9

Di

Skool

Skool

x

Skool

x

16/9

Wo

Skool

Skool

x

Skool

x

17/9

Do

Skool

Skool

x

Skool

x

18/9

Vry

Skool

Skool

x

Skool

x

21/9

Ma

Skool

x

Skool

x

Skool

22/9

Di

Skool

x

Skool

x

Skool

23/9

Wo

Skool

x

Skool

x

Skool

Kwartaal 3 eindig

Kwartaal 4 begin 05/10/2020

Skole sluit 15/12/2020

 

TUISWEKE

Omrede ons die getalle in koshuise ook moet beperk, is die versoek dat grade wat nie ‘n spesifieke week skoolgaan nie, tuis sal bly.  In die week wat hul wel by die skool gaan wees, sal genoeg werk aan hul gegee word om die volgende week tuis af te handel. 

Ouers wat ver woon en vir wie dit moeilik gaan wees om hul seuns in die “af” week tuis te kry, moet asseblief reëlings met mnr Johan Moolman in dié verband tref (This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.).

SKOOLKWARTALE VIR RES VAN 2020

KWARTAAL

SKOOL OPEN

SKOOL SLUIT

Tweede

Soos gereël

07 Augustus

Derde

12 Augustus

23 September

Vierde

05 Oktober

15 Desember

KLEREWINKEL

TYE VIR DIE KLEREBANK TOT 12 AUGUSTUS

Maandag

03 Augustus

16:30 – 17:15

Dinsdag

04 Augustus

16:30 – 17:15

Woensdag

12 Augustus

16:30 – 17:30

Daarna weer terug na normaal elke Dinsdag 16:45 – 17:30

As daar nood is, skakel gerus vir Mnr. Pierre Schoeman by 083 270 5899.

NAWEKE

Ons doen steeds ‘n ernstige beroep op ouers om toe te sien dat hul seuns tydens naweke bly by die inperkingsreëls.  Sosiale byeenkomste soos verjaarsdagpartytjies is teen die inperkingsreëls en enige persoon wat so ‘n geleentheid bywoon, stel nie net homself bloot nie, maar die hele skoolgemeenskap by Boland Landbou.

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

U kan Lizette Molnar kontak by 083 500 3333 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. indien u belangstel in tweedehandse skoolklere.  Sy sal u inlig wat daar beskikbaar is.

Ons doen ook 'n beroep op alle ouers indien u Boland Landbouskoolklere het wat nie meer gebruik word nie, om dit te skenk aan die tweedehandse klerebank.

DIENSBAARHEID

Ons kernwaarde vir Julie is DIENSBAARHEID en daarom fokus ons op gemeenskapsprojekte hierdie maand.  Baie dankie aan élke Bolander wat deel was van hierdie projek.  U kan steeds van hierdie items na die Bemarkingskantoor stuur indien daar nog enige iets is wat u wil bydra. Hou gerus ons sosiale media (Facebook, Twitter & Instagram) dop vir nuus, terugvoer en foto’s van ons uitreike.

MNR BOLAND

Mnr Boland 2020 sal hierdie jaar aanlyn plaasvind.  Nominasies kan in die boks in die Bemarkingskantoor geplaas word by tannie Riëtte. Gr 10 tot 12 mag nomineer, maar slegs graad 12's mag genomineer word/deelneem.

HLB-LOOTJIETREKKING

Sien onderaan ‘n inligtingsblad rakende ‘n projek wat ons geloods het om ons leerderfonds te versterk. Aangesien daar  finansiële druk is op skole, nooi ons u uit om ons te ondersteun in hierdie projek.

Die gedagte is nie noodwendig om u as ouers verder onder finansiële druk te plaas nie, maar ons wil u wel versoek om hierdie projek vir ons nasionaal, selfs internasionaal, te versprei! Die pryse wat gewen kan word, is werklik die moeite werd en die fondse gaan aangewend word om Boland Landbouskool te help om sy standaarde hoog te hou en om deur hierdie moeilike tyd te kom.

‘n Spesiale aanbod van 7 lootjies word gebied wanneer ‘n persoon R500 se lootjies koop. 

Betalings kan gemaak word in die skool se rekening (sien op advertensie) of bloot deur die druk van ‘n knoppie (laai slegs die Zapper toepassing op u foon of tablet af). Sien stappe onderaan die brief. Onthou asseblief om u naam en telefoonnommer as verwysing by betaling te voeg.

KLIK HIER VIR ZAPPER KODE

GROETE

S J HARTMAN

SKOOLHOOF