Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 19 VAN 2020

Artikel - Bladsye

Geagte Ouers/Voogde

Ons het hierdie week ons graad 8- & 9-leerders terug by die skool verwelkom. Ons is dankbaar dat al ons grade nou die geleentheid gekry het om te kon terugkeer skool toe.

Op die rotasierooster aangeheg sal u sien dat die 3 grade (gr.8, 9 & 12) hier is tot en met Vrydag, 28 Augustus. Vanaf Maandag, 31 Augustus, tree die rotasie van grade 8 - 11 (week aan/week af) in werking.

Met die president se aankondiging dat die land na vlak 2 van inperking beweeg, word die vraag gevra hoe dit skole affekteer (m.b.t. sosisale afstande). Die COVID 19-protokolle, soos deurgegee deur die WKOD en die Departement van Basiese Onderwys, het nog glad nie verander nie, en daarom moet ons voortgaan met die rotasierooster, om sosiale afstande in die skool en koshuis te probeer handhaaf.

KLEREWINKEL

Sien die dae en tye wanneer die klerewinkel oop gaan wees (indien u wil aanvul of uitbrei):

TYE  VIR  DIE  KLEREWINKEL  TOT  7  SEPTEMBER

Maandag

31 Augustus 2020

16:15 tot 17:00

Maandag

7 September 2020

16:15 tot 17:00

Daarna sal die klerewinkeltye weer aangepas word.

Ons is ook bereid om ouers op ander tye te help as dit vroegtydig gereël word.

Ouers moet asseblief vroegtydig seker maak dat hulle seuns se skoolklere nog pas.

Pierre Schoeman, Pêrel Sport, 021 872 9661

GR 11-OUERS EN –LEERDERS:  MATRIEKAFSKEID

Elke graad 11-leerder moet asseblief R400 in die skoolfondsrekening inbetaal   Gebruik asseblief u seun se naam/matriekafskeid as verwysing.                                                                Lizanne Ferreira

HLB-MASKERS

HLB-maskers te koop @R50 elk.  Betaling kan geskied via EFT na die skoolrekening (ABSA – 400390304).  Stuur asb bewys van betaling na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. met verwysing MASKERunaam&van.  Dit kan afgehaal word by Lucia Dreyer.

 

MY SCHOOL MY VILLAGE MY PLANET-KAART

KLIEK HIER OM AANSOEKVORM AF TE LAAI

E-pos asseblief u voltooide vorm na rm@bolandlandbou.

HLB-LOOTJIETREKKING

Daar is 4 weke oor voordat hierdie projek sluit.  Ons doen weereens ‘n beroep op ons gemeenskappe om hierdie mooi inisiatief te ondersteun, en sodoende die skool se leerderfonds te versterk!

 

 

Mag u almal ‘n heerlike en sonnige naweek beleef. Huidige weervoorspellings dui daarop dat ons teen volgende week Maandag weer ‘n inkomende koue front en reën gaan hê. Seuns moet genoeg warm klere en reënbaadjies inpak.

Beurtkrag wat weer die week deur Eskom ingestel het, het ook sy uitdagings, veral saans in die koshuis. Daar is noodligte by die diensdoeners beskikbaar, maar ons doen ‘n beroep op seuns om ‘n addisionele lamp of lig saam te bring.

Groete 

S J HARTMAN

SKOOLHOOF

2020-08-21