Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 20 VAN 2020

Artikel - Bladsye

Geagte Ouers/Voogde

Terwyl ek hierdie brief vir u tik, sak die reën buite op die plaas uit.  Ons is dankbaar vir die mildelike reëns wat val en ook dat die damvlakke in die Wes-Kaap aanhou styg.  Ek lees ook vandag in die nuus van ‘n 21c verlaging in die dieselprys vanaf eerskomende Woensdag.  Dit is alles goeie nuus vir die landbou-sektor, asook vir Boland Landbou.  Met die lente wat om die draai is en die Boland wat pragtig lyk op die oomblik, is dit alles kos vir die siel.

COVID-19 het van 2020 ‘n baie moeilike jaar gemaak.  Maar, met infeksies wat daal en die afbeweeg na laer inperkingsvlakke, bly ek steeds hoop dat ons weer na die “normale dinge”, soos byvoorbeeld ‘n maskerlose wêreld, kan beweeg.

Aan ons matrikulante, vir wie hierdie jaar seker die swaarste moes getref het - my hoogste waardering.  Ek wil die manne bedank vir hulle gesindheid (op alle terreine), en dat hulle help om dinge by Boland Landbou te bevorder.  Ek weet dat die juniors in die skool opkyk na ons gr 12’s en is dankbaar vir 2020 se groep wat nooit gaan lê het nie en elke nuwe uitdaging reguit in die oë gekyk het.  Woorde wek, maar voorbeelde trek.  Die gr 12’s het 2 weke van skool oor voordat hulle prosesse van rekord- en eindeksamens begin.

ROTASIEROOSTER

Sien aangeheg.  Vanaf Maandag val ons uiteindelik in by die roetines soos aanvanklik beplan, waar die gr 11- & 9-seuns saam by die skool is en die opeenvolgende week die gr 10- & 8-seuns.  Ons versoek u om asseblief baie mooi te kyk na die volgorde van die dae (op die seuns se roosters, bv. dag 1 – dag 9).  Dit loop nie noodwendig altyd chronologies nie, daar is soms ‘n afwyking.

OUERSKAP-POTGOOI RONDTE 2 BESKIKBAAR

Ouerskap is ‘n reis wat nie juis met ‘n handleiding kom nie.  Wat doen ek as my seun vloek?  Indien my seun rook, of pornografie kyk, wat kan ek as ouer omtrent die saak doen?  Ek het hierdie week by ds Fanie Kriel, ‘n bekende pastorale en kliniese terapeut van die Paarl, gaan kuier en hierdie vrae vir hom gevra.  Die gesprek is as ‘n potgooi op Boland Landbou se webtuiste beskikbaar en jy is welkom om dit af te laai en daarna te luister.  Om by die potgooi uit te kom kan jy gerus hierdie skakel volg:  https://www.bolandlandbou.co.za/images/video/Ouerskap2.mp3.  Indien jy die behoefte het om die gesprek verder te voer, kan jy my gerus kontak This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Ds. Toit Wessels

SKOOLFOTO’S

Gr 11-leerders word daaraan herinner dat hulle hare reg moet wees vir hulle skoolfoto’s wat Donderdag, 3 September geneem word.                                                                       Marilize Jordaan

GR 11-OUERS EN –LEERDERS:  MATRIEKAFSKEID

Elke graad 11-leerder moet asseblief R400 in die skoolfondsrekening inbetaal   Gebruik asseblief u seun se naam/matriekafskeid as verwysing.                                                                Lizanne Ferreira

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

U kan Lizette Molnar kontak by 083 500 3333 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. indien u belangstel in tweedehandse skoolklere.  Sy sal u inlig wat daar beskikbaar is.

Ons doen ook ‘n beroep op alle ouers indien u Boland Landbouskoolklere het wat nie meer gebruik word nie, om dit te skenk aan die tweedehandse klerebank.                                         Lizette Molnar

KLEREWINKEL

Sien die dae en tye wanneer die klerewinkel oop gaan wees (indien u wil aanvul of uitbrei):

TYE  VIR  DIE  KLEREWINKEL  TOT  7  SEPTEMBER

Maandag

31 Augustus 2020

16:15 tot 17:00

Maandag

7 September 2020

16:15 tot 17:00

Daarna sal die klerewinkeltye weer aangepas word.

Ons is ook bereid om ouers op ander tye te help as dit vroegtydig gereël word.

Ouers moet asseblief vroegtydig seker maak dat hulle seuns se skoolklere nog pas.

Pierre Schoeman, Pêrel Sport, 021 872 9661

HLB-MASKERS

HLB-maskers te koop @R50 elk.  Betaling kan geskied via EFT na die skoolrekening (ABSA – 400390304).  Stuur asb bewys van betaling na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. met verwysing MASKERunaam&van.  Dit kan afgehaal word by Lucia Dreyer.

ADVERTENSIEGELEENTHEID LANGS A-RUGBYVELD

Ons wil graag vir ouers eerste die geleentheid bied om hul onderneming te adverteer voordat ons ‘n skrywe aan die oud-studente en publiek rig.  Daar is tans enkele advertensiespasies rondom die A-veld beskikbaar.  Indien u belangstel om ‘n advertensiebord te neem – kontak gerus ons Bemarker, Riëtte Marais by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

MY SCHOOL MY VILLAGE MY PLANET-KAART

My School My Village my Planet card

E-pos asseblief u voltooide vorm na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

HLB-LOOTJIETREKKING

Daar is 3 weke oor voordat hierdie projek sluit.  Ons doen weereens ‘n beroep op ons gemeenskappe om hierdie mooi inisiatief te ondersteun en sodoende die skool se leerderfonds te versterk!

 HLB Lootjietrekking

BOLANDERS RAAK BULLE

2020 het ons almal onkant betrap!  Die rugbyvelde was leeg, maar ons harte bly vol.  Hiérdie seuns en élke ander Landbou-leerder maak ons trots!  Alle Bolanders sien daarna uit om weer saam sosiaal te verkeer vóór en ná elke wedstryd. Ons weet dat elkeen van julle sal gaan leer, leef, lei en wens julle alles van die beste vir die toekoms!  

SOSIALE MEDIA

Daar word moeite gedoen om aktuele gebeure op ons sosiale media platforms te laai.  Indien u nie reeds Boland Landbou op hierdie platforms volg nie, wil ek u aanraai om dit te doen.  Beskikbare platforms is Facebook, Instagram en Twitter.

WINGERDPROJEK

Dit is met dankbaarheid dat ons, ten spyte van inperking en ekonomiese uitdagings, ons lang verwagte wingerdprojek kon afskop.  Danksy bydraes vanaf sekere instansies en van ons gemeenskappe, kon ons mooi vorder.  Die stokkies is reeds geplant en die aanlê van die besproeiiing is hierdie week afgehandel.

Indien daar nog enige ouers of instansies is wat graag betrokke wil raak by die afhandeling van die projek, kontak my asb. direk by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  Ek het geen twyfel dat die waarde van die nuwe 2,25ha wingerd (Cabernet Sauvignon) nie net gaan wees in terme van addisionele inkomste nie, maar dat daar ook ‘n groot bemarkingswaarde in is.

“Mag dit reën daar waar u skape wei.”

Groete

S J HARTMAN

SKOOLHOOF

2020-08-28