Omsendbriewe

OMSENDBRIEF 21 VAN 2020

Artikel - Bladsye

Geagte Ouers/Voogde

Maandag verwelkom ons gr 10- & 8-seuns terug by die skool.  Let daarop dat dit Maandag dag 7 is op die seuns se rotasierooster.  Ons matrieks is volgende week besig met die finale afronding en voorbereiding vir hul komende rekordeksamen.

ROTASIEROOSTER

Sien aangeheg.

VINPRO-SNOEIKURSUS

Die graad 10-Landboubestuurspraktyke-klas neem Maandag deel aan ‘n snoeikursus wat aangebied word deur Vinpro.

Elke seun moet asseblief sy oorpak saambring en dra vir die assessering.

GR 11-OUERS EN –LEERDERS:  MATRIEKAFSKEID

Elke graad 11-leerder moet asseblief R400 in die skoolfondsrekening inbetaal   Gebruik asseblief u seun se naam/matriekafskeid as verwysing.                                                                            Lizanne Ferreira

TWEEDEHANDSE KLEREBANK

U kan Lizette Molnar kontak by 083 500 3333 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. indien u belangstel in tweedehandse skoolklere.  Sy sal u inlig wat daar beskikbaar is.

Ons doen ook ‘n beroep op alle ouers indien u Boland Landbouskoolklere het wat nie meer gebruik word nie, om dit te skenk aan die tweedehandse klerebank.                                                         Lizette Molnar

KLEREWINKEL

Sien die dae en tye wanneer die klerewinkel oop gaan wees (indien u wil aanvul of uitbrei):

TYE  VIR  DIE  KLEREWINKEL  TOT  7  SEPTEMBER

Maandag

7 September 2020

16:15 tot 17:00

Daarna sal die klerewinkeltye weer aangepas word.

Ons is ook bereid om ouers op ander tye te help as dit vroegtydig gereël word.

Ouers moet asseblief vroegtydig seker maak dat hulle seuns se skoolklere nog pas.

Pierre Schoeman, Pêrel Sport, 021 872 9661

HLB-MASKERS

HLB-maskers te koop @ R50 elk.  Betaling kan geskied via EFT na die skoolrekening (ABSA – 400390304).  Stuur asb bewys van betaling na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. met verwysing MASKERunaam&van.  Dit kan afgehaal word by Lucia Dreyer.

ADVERTENSIEGELEENTHEID LANGS A-RUGBYVELD

Ons wil graag vir ouers eerste die geleentheid bied om hul onderneming te adverteer voordat ons ‘n skrywe aan die oud-studente en publiek rig.  Daar is tans enkele advertensiespasies rondom die A-veld beskikbaar.  Indien u belangstel om ‘n advertensiebord te neem – kontak gerus ons Bemarker, Riëtte Marais by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

MY SCHOOL MY VILLAGE MY PLANET-KAART

Aan elke ouer wat hierdie naweek gaan inkopies doen by Woolworths of Builders – onthou asb om julle MySchool kaart te ‘swipe’ en sodoende fondse te help genereer vir ons skool sonder dat dit u ‘n sent kos.

Indien u nog nie ‘n MySchool kaart het nie, sien aangeheg die aansoekvorm of gaan na www.myschool.co.za om aansoek te doen vir ‘n kaart.

 

 E-pos asseblief u voltooide vorm na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

HLB-LOOTJIETREKKING

Daar is 3 weke oor voordat hierdie projek sluit.  Ons doen weereens ‘n beroep op ons gemeenskappe om hierdie mooi inisiatief te ondersteun en sodoende die skool se leerderfonds te versterk!

 

SOSIALE MEDIA

Daar word moeite gedoen om aktuele gebeure op ons sosiale media-platforms te laai.  Indien u nie reeds Boland Landbou op hierdie platforms volg nie, wil ek u aanraai om dit te doen.  Beskikbare platforms is Facebook, Instagram en Twitter.

https://www.facebook.com/bolandlandbouskool

https://www.instagram.com/bolandlandbou/

WINGERDPROJEK

Indien daar nog enige ouers of instansies is wat graag betrokke wil raak by die afhandeling van die projek, kontak my asb. direk by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Groete

 

S J HARTMAN

SKOOLHOOF

2020-09-04