Koshuis

Koshuisreels

DRAG IN KOSHUIS

Geen onnodige luidrugtigheid word geduld. Radios moet nie onnodig hard wees nie. Geen balspele in of rondom koshuis. Niemand word in ‘n ander se kamer as sy eie toegelaat sonder toestemming van die betrokke kamerbewoner nie. Geen water-gooiery in koshuis. Nie matrasse omdop nie. Mag nie met spykerskoene of rugbytoks is koshuis loop nie. Geen vandalisme. Enige toevallige breekskade moet dadelik aangemeld word.
Niemand rook in die gebou nie.


 

KAMERS

Geen meublement mag uit kamers verwyder word nie. Geen yskaste, TV’s, broodroosters, ketels, rekenaars ens. in die kamers toegelaat nie. Prente slegs teen prentrelings. Geen onwelvoeglike materiaal toegelaat nie.
Kamers moet netjies gehou word. Geen drankbottels (vol of leeg) toegelaat nie. Geen drank of rookadvertensies teen mure. Niemand mag aan ‘n ander persoon se kluis vat nie. Geen klere of handdoeke mag by vensters uithang nie. Geen ma’s , susters of vriendinne in die koshuis toegelaat nie. Hul word slegs na ‘n vakansie in die kamers toegelaat om te help met die inrig van die kamer. Nie meer as 3 apparate op ‘n muurprop nie.


 

EETSAAL

Moet alle etes bywoon. Altyd skoeisel aan voete hê. In skooltyd, kom eet ontbyt met volle skooldrag aan. Nooit hoed op in eetsaal. Nie frokkie aan nie; hemp met moue. Niemand in kombuis sonder toestemming nie. Geen apparaat in die kombuis mag deur leerders gebruik word nie. Geen kos rondgooi in eetsaal nie. Eetgerei moet self verwyder word soos gereël.


 

STUDIETYD

Met aanvang van studietyd sit leerling by sy lessenaar. Geen selfoon naby.
Niemand loop rond of praat gedurende studietyd. Akademiese boek voor leerder.


 

SIEKTE

Leerling meld tydens ontbyt by personeeltafel aan. Siek leerlinge mag slegs in eie kamer bly; nie na ander kamers toe gaan nie. Mag nie aan enige buitemuurse aktiwiteite deelneem vir die dag wat hy siek is nie.


 

NAWEKE

Teken vir die hele naweek in. Nie in en uit, tensy met onderwyser aan diens gereël nie. Niemand neem matrasse uit kamers na ontspanningsaal nie.
Gaan kerk toe Sondag.

ALGEMEEN

Geen leerling mag drank gebruik in die koshuis of onder die invloed van drank die gronde betree nie. Dieselfde geld vir dwelmmiddels. Geen aanstootlike leesstof of materiaal mag in ‘n leerder se besit wees in die koshuis nie. Niemand mag die terrein saam met enige iemand verlaat sonder of die superintendent of die onderwyser aan diens se toestemming nie.

Geen leerling van die senior koshuis mag in die junior koshuis kom nie.
Geen gr 8-leerder mag voor die derde kwartaal in die graad 12-gang kom nie. Leerlinge wat Sondagaande inkom moet voor 21:00 in wees. Geen leerling mag na 21:00 buite wees sonder toestemming nie. Net ‘n paar algemene reëls. Alle detail word op ‘n huisvergadering, die eerste Woensdagaand, bespreek.