Ons Skool

Die ontstaan van die

Hoër Landbouskool Boland

Die Hoër Landbouskool Boland is een van die toonaangewende en leidende opvoedkundige instellings in die Wes-Kaap, waar die normale akademiese kurrikulum aangevul kan word met gespesialiseerde landbou-opleiding. Ter ondersteuning van die onderrig- en opvoedingsprogram word ‘n gebalanseerde buite-kurrikulêre program van hoogstaande gehalte aangebied. Ons visie is ‘n toonaangewende Hoër Landbouskool wat waardegedrewe opvoeding en professionele onderrig by uitnemendheid aan die kind bied – dit impliseer dat die omgewing se behoefte na gebalanseerde gemeenskapsleiers bevredig sal word deur die ontwikkeling van ons leerders se potensiaal deur middel van ons unieke onderrigomgewing.