Word deel van die Boland-Familie
Volg die skakel vir inligting
ONS NUUTSTE PLAASNUUS
Die skuur
ONS EIE WYN & WYNKELDER DROOM
As die enigste landbouskool in die land (en dalk die wêreld) met sy eie wingerd, het ons ‘n droom om die ou Melkstalle te omskep in ‘n funksionerende opleidingskelder.
Om hierdie droom af te skop, het ons (in samewerking met Windmeul Kelder) ons eie wyne laat botteleer.
Ons reeks sluit die volgende heerlike opsies in:
1. ‘n Chenin Blanc
2. ‘n Cabernet/Merlot versnit
3. ‘n Cabernet Sauvignon/Pinotage Rosé
Vir aankoop van wyne, kontak Mnr. Prieur du Plessis by pd@bolandlandbou.com
WELKOM HIER BY ONS
Die Hoër Landbouskool Boland is een van die toonaangewende en leidende opvoedkundige instellings in die Wes-Kaap, waar die normale akademiese kurrikulum aangevul kan word met gespesialiseerde landbou-opleiding.
Ter ondersteuning van die onderrig- en opvoedingsprogram word ‘n gebalanseerde buite-kurrikulêre program van hoogstaande gehalte aangebied.
Ons visie is ‘n toonaangewende Hoër Landbouskool wat waardegedrewe opvoeding en professionele onderrig by uitnemendheid aan die kind bied – dit impliseer dat die omgewing se behoefte na gebalanseerde gemeenskapsleiers bevredig sal word deur die ontwikkeling van ons leerders se potensiaal deur middel van ons unieke onderrigomgewing.
SKOOLDRAG EN SPORTDRAG
is net by ons klerewinkel beskikbaar, sien ons reeks nou!
BEPLAN JY ‘N WEGBREEK, FUNKSIE OF KONFERENSIE?
Ons beskik oor pragtige fasiliteite teen billike pryse , dalk net wat jy nodig het!
BORGE































