Akademie
Vakkeuses Graad 8 -9
Vakkeuses Graad 8 – 9
- Afrikaans Huistaal
- English First Additional Language
- Wiskunde
- Natuurwetenskappe (Fisiese Wetenskappe en Biologie)
- Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis en Geografie)
- Lewensoriëntering
- Landboustudies (Landboubestuurspraktyke, Landbouwetenskappe en Landboutegnologie)
- Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe (Rekeningkunde en Besigheidstudies)
- Tegnologie
Vakkeuses Graad 10 - 12
Vakkeuses Graad 10 – 12
VERPLIGTEND
- Afrikaans Huistaal
- English First Additional Language
- Lewensoriëntering
KIES EEN VAK PER GROEP
Groep 1
- Wiskunde
- Wiskundige Geletterdheid
Groep 2
- Rekeningkunde
- Lewenswetenskappe
- Landboubestuurspraktyke
Op ʼn plaas werk ʼn boer op ʼn jaarlikse basis met ʼn boerderybestuursprogram. Daar is bv ʼn paarseisoen, lamseisoen, gesondheidbeheer, bemarking, waardetoevoeging, ens. Die vak bestudeer plantproduksievertakkings en diereproduksievertakkings soos hulle deur ʼn seisoen bestuur word. Dit is ʼn meer praktiese vak wat leerders nader na die landboupraktyk neem.
- IGO (Ingenieursgrafika en ontwerp)
Groep 3
- Fisiese Wetenskappe
- Geografie
- Besigheidstudies
- RTT (Rekenaartoepassingstegnologie)
Groep 4
- Landbouwetenskappe
Wetenskaplike benadering tot die landbou in sy geheel. Kernwoorde soos ontleed en analiseer. Gebruik studievelde soos grondkunde, plantestudies, dierestudies, optimale hulpbronbenutting, ekonomie binne die landbou, landbougenetika en basiese wetenskaplike beginsels. - Landboutegnologie
Die vak Landboutegnologie fokus op tegnologie wat in die landbou gebruik word. Die vak dek die kennis hoe prosesse, gereedskap, toerusting, strukture en vaardighede deur boere benut word, om landbougrond te bewerk en voedsel en produkte te produseer deur van verskeie produksieprosesse, en die handhawing en onderhouding van kwaliteit lewensstandaarde, en die uitbouing van ekonomiese en estetiese en goeie kulturele waardes gebruik te maak. Die hoofonderwerpe in Landboutegnologie sluit in:- Veiligheid
- Strukturele materiaal
- Energie
- Konstruksieprosesse
- Gereedskap en toerusting
- Besproeiing en watervoorsiening
- Kommunikasie
- Tekeninge
- Meting, berekeninge en kalibrasie