Meer oor

Ons Sport

Interskole

Die hoogtepunt op die jaarlikse rugbykalender is ons Interskole teen Oakdale. Die eerste Interskole-wedstryd is in 1987 gespeel en vind elke jaar in Augustus plaas. Boland Landbou het 21 van die afgelope 32 Interskole rugbywedstryde gewen en Oakdale 11.

Die grootste Interskole oorwinning was in 2018 toe Boland Landbou vir Oakdale met 56 punte teenoor 19 geklop het. As ‘n mens kyk na die afgelope 10 jaar se uitslae speel tuisveldvoordeel beslis ‘n rol. Daar word ook gholf gespeel tussen die twee skole op die Vrydag voor die Saterdag se rugbywedstryd.