Meer oor
Ons SportLandloop
Landloop is ‘n wintersport wat plaasvind vanaf April tot Julie. Ons neem jaarliks deel aan ongeveer 7 byeenkomste. Huidiglik is daar ongeveer 15 seuns wat gereeld aan byeenkomste regoor die Boland deelneem. Die seuns wat landloop doen kan steeds rugby speel, daarom vind die landloop byeenkomste meestal op ‘n Woensdag plaas. Ons neem deel teen skole soos Paul Roos, HJS Paarl, Paarl Gimnasium, Labori, Hugenote en Bridge House. ‘n Hoogtepunt vir die skole is gewoonlik die byeenkoms wat by Boland Landbou gehou word, aangesien ons die plaas het om ‘n lekker roete te hardloop.