Meer oor
Ons SportGholf
Boland Landbou het drie spanne wat in die eerste liga speel van Boland Unie se skoleliga. Ons het ongeveer 25 spelers wat deur die jaar gholf speel. Ons wedstryde vind op Maandae plaas waar ons teen al die skole in ons omgewing speel. Ons speel twee keer ‘n jaar teen elkeen van ons teenstanders, een tuiswedstryd en een wegwedstryd. Ons tuisbaan is Wellington Gholfklub. Ons spelers kry ook elke jaar die geleentheid om wedstryde te speel op bane soos Boschenmeer, Pearl Valley en De Zalze.
Ons onderneem elke jaar ‘n gholftoer na die Suid-Kaap, waar ons in vier dae, vyf verskillende gholfbane speel. Die toer word op ‘n Ryder Bekerformaat gespeel waar ons beste 14 gholfers in 2 spanne opdeel wat teen mekaar meeding in Singles, Fourballs en Foursomes. Ons gholfers kry die geleentheid om op Pinnacle Point, George, Simola, Pezula en soveel gesogte bane in die tuinroete te speel.
Boland Landbou beskik oor sy eie, setperk om sethoue te oefen. ‘n Kaphou area en sy eie “driving range” om ons spelers die beste geleentheid te gee om as gholfers te ontwikkel.
“The more I practise, the luckier I get.” – Gary Player