Meer oor

Ons Leerders

Matriekraad

Die matriekraad is medeverantwoordelik vir die handhaaf van dissipline in die skool. Verder vervul hulle ʼn skakelrol tussen die leerders en onderwysers. Die matriekraad is primêr verantwoordelik vir die reël van sosiale aktiwiteite en skakelings met ander skole.

Aktiwiteite sluit in sokkies, skakelings met ander skole (veral die meisieskole) en geleenthede soos Valentynsdag.

Agter: Wickus Stover, Andries Truter, Hannes van Wyk (Hoofseun), Andries du Toit, Freddie Dreyer, Faasen Laubscher.
Voor: Mnr Hein Jordaan, Jandré Genis (Onderhoofseun), Francois du Toit, Jaccus Pretorius, Dian de Beer.