Meer oor
KultuurDebat
Ons skryf ʼn Junior span in. ʼn Span bestaan uit 3 lede. Die ATKV gee ʼn onderwerp om voor te berei – dieselfde een landswyd. Jou span is òf inleidend, d.w.s. jy is ten gunste van die onderwerp of opponerend, d.w.s. jy is teen die onderwerp.
Ons moet 3 hoofstandpunte voorberei. Daar moet ongelooflik baie leeswerk oor die onderwerp gedoen word om die opponente op hul tone te hou met goeie, gestaafde feite. Indien ons die eerste rondte wen, dring ons deur tot die volgende rondte en as ons daar wen, neem ons deel aan die semi-finaal vir ons streek.
Drie spanne word dan gekies om Nasionaal aan die finaal deel te neem.
Debat leer jou om te luister, na te vors en op jou voete te dink. Ons oefen die hele jaar tot en met Augustus.