Meer oor
Ons SportWat is Jeugskou?
Jeugskou is ’n opvoedkundige en praktiese landbousport waar skoolleerders vaardighede ontwikkel in die hantering, versorging en beoordeling van landbou- en troeteldiere, asook ander landbouverwante afdelings soos fotografie en afslaers.
Die doel is om jong mense bloot te stel aan die landboubedryf en hulle te leer oor:
- Diereversorging en -hantering
- Spanwerk en dissipline
- Teoretiese kennis van verskillende landbou-afdelings
- Leierskap en verantwoordelikheid
Jeugskou bied kompetisie-geleenthede en lewensvaardighede aan leerders wat verder saam neem na die skooljare.
Oor die Jeugskou by Boland Landbou
Die Jeugskou by Boland Landbou bied aan leerders die unieke geleentheid om kennis, vaardighede en liefde vir die landboubedryf te ontwikkel. Ons het senior lede (16–18 jaar) en junior lede (11–15 jaar) wat jaarliks aan verskeie kompetisies deelneem.
Afdelings
Ons neem trots deel in 10 verskillende afdelings:
- Vleisbeeste
- Wolskape
- Veselbokke
- Vleisbokke
- Konyne
- Pluimvee
- Duiwe
- Perde
- Afslaers
- Fotografie
Skoue & Kompetisies
Ons span neem jaarliks deel aan 8 streekskoue (liga-wedstryde):
- Heidelberg Skou
- Riversdal Skou
- Swellendam Skou
- Clanwilliam Skou
- George Skou
- Swartland Skou
- Nampo-Kaap
- Villiersdorp Skou
Hier kry ons leerders die kans om genoeg punte te verdien om uitgenooi te word na die WP-kampioenskappe.
WP- en Nasionale Kampioenskappe
- By jeugskou werk dit soos enige ander sport, die leerders word genooi na die WP-proewe toe en kompeteer daarso om in die WP-span te kom en die provinsie by die nasionale kampioenskappe te gaan verteenwoordig.
- Proewe by die WP-kampioenskappe:
- Was, voorberei en skou van diere
- Teoretiese toets oor die betrokke afdeling
- Leerders wat die WP-span haal, verteenwoordig die Wes-Kaap by die Nasionale Kampioenskappe wat jaarliks in ‘n ander provinsie aangebied word.
- 2025 Besonderheid: Boland Landbou was die gasheer van die WP-kampioenskappe.
Ons Fasiliteite
Die skool is tans besig met opgraderings op die plaas sodat ons seuns behoorlike oefenruimte het vir:
- Skouman
- Was- en voorbereidingsessies
- Toekomende gasheer-geleenthede van groot skoue soos die WP-kampioenskappe
Hoe om Betrokke te Raak
Leerders wat belangstel, kan aansluit by enige van die afdelings. Kontak die koördineerder by die skool vir meer inligting. Borgskap en ondersteuning is ook welkom om hierdie groeiende sport te bevorder.