Meer oor
Ons SportAtletiek
Boland Landbou het ‘n voltydse Hoof van Atletiek, PC Beneke en voormalige Springbok 400m hekkies atleet. Die afrigtingspan beskik oor ervare en professionele afrigters wat oud provinsiale en/of nasionale atletiekafrigters of atlete was. Ons het ‘n afrigter vir elke item. Afrigters sluit in, PC Beneke, Lynique Beneke (Olimpiese Vêrspringer), Dylin Dennis, Bennie van Graan, Karin Theart en Jean le Roux. Ons maak gebruik van ons top fasiliteite by ons skool – 400m grasbaan, 2 Worpe hokke, twee aanloop vêrspringput en ‘n topgehalte Gym. In-seisoen vervoer ons ons seuns Dal Josephat stadion toe om ervaring op ‘n tartanbaan te kry.
- Die Curro Prestige top 10 byeenkoms in Pretoria wat by Pilditch aangebied word.
- Die Noord teen Suid byeenkoms tussen topklas skole van die Noorde teen die Suide.
- Die HJS topseuns byeenkoms.
- Kwaggas top 10 in Oudtshoorn.
- Fairmont top 15.
Elke jaar neem daar ‘n hele aantal van ons seuns deel aan die Boland Kampioenskappe en die Wes-Kaap Kampioenskappe en ons lewer jaarliks SA atlete op.
Vanjaar het ons 27 atlete wat deelgeneem het aan die Boland Kampioenskappe en 8 seuns het Boland kleure verwerf wat ‘n ongelooflike prestasie is. 5 Seuns het die Boland en Westelike Provinsie verteenwoordig by vanjaar se Nasionale Kampioenskappe. In die veld presteer ons besonders goed waar ons drie seuns by die nasionale kampioenskappe het en verower ‘n silwer medalje vir seuns O/17 Diskus en brons vir seuns O/17 Hamergooi. Op die baan lewer ons 1 goue medalje vir seuns O/17 400m, Silwer in die seuns O/17 200m en Brons in die seuns O/19 400m.
Ons beoog groter sukses met ons atletiek vir die jaar 2025 en werk daarvoor om meer seuns by die nasionale kampioenskappe te kry. Groot byeenkomste wag vir ons waar ons volle vertroue in ons vermoeë het om te kan kompeteer met die beste skole in Suid Afrika.