Meer oor

Ons Sport

Algemeen

KONDISIONERING EN REHABILITASIE:

  • Die skool beskik oor ‘n voltydse Sportwetenskaplike naamlik Johan van Rooyen.
  • Ons het ‘n biokinetikus en ‘n fisioterapeut wat beide op die plaas woon en elke dag tot beskikking is vir ons seuns.
  • Die skool beskik oor ‘n volledig toegeruste gimnasium wat beskikbaar is vir elke seun vanaf graad 10 tot 12.
  • ‘n Buitelug oefensentrum is beskikbaar vir graad 8 tot 12 leerders.
  • Ons sportwetenskaplike, biokinetikus en fisioterapeut is daar vir elke seun en vir elke sport by die skool.

 

ALGEMEEN:

  • Alle vervoer met ons eie voertuie is gratis.
  • Wanneer ons van openbare vervoer gebruik maak, betaal die ouers slegs die helfte van die vervoerkostes, m.a.w. wanneer die 1ste rugbyspan vlieg na Johannesburg vir die Noord/Suid-toernooi, betaal die ouers slegs die helfte van die vliegtuigkaartjie. Dieselfde geld vir die ander sporte.
  • Indien ‘n seun in meer as een somersport presteer, kan hy by Boland Landbou beide sporte doen en sal ons nooit van hom verwag om te kies tussen sporte nie. Dit bly sy besluit.
  • In die somer bied ons Atletiek, Krieket en Tennis aan en in die winter Rugby en Landloop. Gholf en Jeugskou is deurlopende sporte wat regdeur die jaar plaasvind.