Meer oor
Ons SportTennis
Ons beskik oor een van die bekendste professionele junior tennisafrigters in SA naamlik Myburgh van Zyl. Myburgh bestuur sy eie tennisakademie, nl Tennis Republic, wat bedryf word vanaf Boland Landbouskool.
Alle leerlinge by Boland Landbou kry vir drie middae van die week gratis afrigting by Myburgh. Individuele afrigting word ook deur Myburgh gedoen buite daardie tyd. Ons het 8 top kwaliteit tennisbane en beskik oor ‘n moderne en gerieflike tennisklubhuis.
Ons bied jaarliks twee Nasionale toernooie, aan naamlik die Boland Landbou o.15-Tennistoernooi in Februarie en die Boland Landbou o.18-Tennistoernooi in Oktober. Ons woon ook jaarliks die Groot vyf o.18-toernooi by die HS Nelspruit by.
In 2016 het ons die groot 5 toernooi by Nelspruit gewen. Daar het ons afgereken met onder andere Monnas, Garsfontein, Menlo Park en HTS Middelburg. In 2017 by ons eie o.18-fees het ons in die finaal teen Paul Roos verloor nadat ons afgereken het met HJS Paarl en Paarl Gimnasium.
Ons 1ste tennisspan het ook vanjaar afgereken met Paarl Gimnasium. Ons tennisspanne speel hulle ligawedstryde in die Bolandliga gedurende die eerste en vierde kwartaal. Tennisafrigting vind regdeur die jaar plaas.
Boland Landbou het drie junior en drie senior spanne wat in die Boland Sentraal skoleliga deelneem.
Ons Borge





