Meer oor

Kultuur

WMJ (Woensdae Met Jesus)

Christelike Waardes

Die skool beywer hom tot Christelike opvoeding van ons seuns en om hul generasie tot ‘n leefstyl in Christus te begelei. Ons ondersteun en skep aksies waar evangelisasie, dissipelskap (lewensvaardighede), geestelike ondersteuning, dienslewering (uitreike) en versoening vooropgestel word. Die vestiging van Christelike waardes word gedryf deur beide die skool- en koshuispersoneel met ‘n toegewysde skakelpersoon wie hande vat met verskillende geloofsgemeenskappe vanuit die omgewing en selfs buite ons provinsiale en nasionale grense.

Maandae aande skakel ons seuns wie belydenis van geloof wil af lê aan die einde van hul graad 11 jaar in by Ds. Fouché van die Agter-Paarl gemeente. Hierdie geleentheid is ook beskikbaar vir ander seuns wie deel wil vorm van geloofsgesprekke. Dinsdae aande het ons seuns die geleentheid om by kleingroepe in te skakel waar die fokus geplaas word op die groei in verhouding met ons Skepper en Verlosser, en dissipelskap (lewensvaardighede). Woensdae tydens ‘n toegekende periode het ons Woensdae Met Jesus (WMJ). Hier ontvang ons weekliks gassprekers om getuienis te deel. Dit is ‘n tyd vir stilstaan en reflekteer oor ons lewe as Christen jongmense. Donderdae aande het ons lofsang en aanbidding in die koshuis wat ‘n inisiatief is van die seuns, vir die seuns. Op ‘n twee-jaarlikse basis nooi ons gaste om ‘n week by ons te kom spandeer. Hier word die Woord bearbeid onder ons seuns. Informele- en formele gesprekvoering vind plaas, getuienisse word gelewer en sanggroepe begelei lofsang en aanbidding. Die Christelike waardes wat ons vestig vorm dus ‘n raamwerk waar leerders hulleself kan uitleef as volgelinge van Jesus. As skool besef ons ons afhanklikheid van Die Skepper in alles wat ons doen.