Meer oor
Ons SportKrieket
Boland Landbou het 8 krieketspanne; vier o.19-spanne, twee o.15-spanne en 2 o.14-spanne.
Ons krieketseisoen begin September en eindig in Februarie die volgende jaar.
Ons het spanne wat in die naweekliga speel, en ook ander spanne wat in die weekliga speel. Ons spanne wat naweekliga speel is ons o.19A-, o.19B- en o.15A-spanne. Hierdie wedstryde word almal deur 50 beurt- of langer formaat-wedstryde beslis. Ons o.19C&D, o.15B en o.14B spanne speel almal in die week en wedstryde word deur 20 boulbeurt-wedstryde beslis.
Ons o.19A- en o.15A-spanne toer jaarlikse na verskillende toernooie. Ons o.19A-span toer jaarliks na Gauteng waar ons meeding teen skole soos Noordheuwel, Hans Moore, Marais Viljoen en Helpmekaar.
Ons o.15A-span neem September vakansies deel aan Outeniqua se T20 kompetisie.
Ons speel in die A-liga van die Boland streek. Ons wedstrydbepalings sluit wedstryde in teen van die sterkste skole in ons omgewing. Ons speel jaarliks teen Paarl Gimnasium, Hoër Jongenskool Paarl, Paul Roos, Somerset College en Drostdy. Ons speel ook teen skole wat in die WP-liga speel; Stellenberg, Curro Durbalville, Bellville, Wynberg en Rondebosch.
Ons is bevoorreg om teen skole te speel met hoë gehalte krieket. Op hierdie manier kan ons onsself met van die bestes vergelyk. Ons streef daarna om bo uit te kom teen al hierdie opponente.
Ons jaarlikse krieketinterskole word gespeel teen Oakdale Landbouskool. Ons krieket interskole word sedert 2001 gespeel. Ons het die laaste 8 jaar elke jaar as oorwinnaars weggestap en sedert 2001 het ons al 17 keer koning gekraai in hiedie krieketkragmeting tussen die twee landbouskole.
Ons het sedert 2012 reeds twee SA Skole en twee SA o.19 Wêreldbekerkrieketspelers opgelewer. Stiaan van Zyl het ook in 2014 ons eerste Proteakrieketspeler geword en het in sy debuut vir die Proteas ‘n 100-tal aangeteken teen Wes-Indië.
“Cricket is quite a gentle, harmless game, but he is a lucky man who has not to sweat some blood before he’s done with it.”