Meer oor
KultuurSpanredenaars
Ons skryf junior en senior spanne in. Spanredenaars is vir 4 lede, waarvan ‘n formele toespraak van 9 – 12 minute oor ‘n sekere tema beredeneer word. Elke spreker maak ‘n standpunt en brei daarop uit deur navorsing te lewer. Die seuns word gehelp om hul formele toesprake voor te berei en hulle leer ook hoe om saam te werk in ‘n span. Interaksie is baie belangrik. Ons neem deel aan die Allegretto Eisteddfod en ook die Conspirito kunswedstryd wat albei nasionaal aangebied word.