Meer oor
Ons LeerdersToelating
Aansoeke om toelating tot graad 8 2027 open op 10 Maart 2026 tot 14 April 2026 op die WKOD-webtuiste.
Vanaf 28 Mei 2026 vertoon die uitslag van u aansoek op die WKOD-webtuiste. U sal ook in hierdie tydperk per sms of e-pos deur die WKOD ingelig word aangaande die uitkoms van u aansoek.
Ouers moet teen 15 Junie 2026 op die WKOD-webtuiste bevestig of u seun gaan aansluit by Hoër Landbouskool Boland.
Ons wil graag belangstellendes nooi vir ‘n inligtingsessie. Die fokus hiervan is die oorgang na hoërskool. In besonder die inskakeling by ‘n landbou- en koshuisskool. Indien u wil deel word van die Boland-familie, stuur ‘n epos aan aansoeke@bolandlandbou.com.