Meer oor

Ons Fasiliteite

Gastewoonstelle

Huis Nico Malan het 2 gastewoonstelle met slaapplek vir onderskeidelik 6 en 2 persone, toegerus met ys/vrieskas, TV, mikrogolfoond, stort- en toiletgeriewe asook opwasgeriewe.

Kontakpersoon: Sonja-Marie Brand – [email protected]

DEPOSITO:

Die volle huurtarief is by bespreking betaalbaar.

50% hiervan sal verbeur word indien kansellasie plaasvind binne 14 dae voor die besprekingsdatum.

ALGEMEEN:

Die skool sal alle fasiliteite wat gehuur word in ʼn skoon en netjiese toestand voorberei. Die huurder moet alle basiese opruimingswerk self doen, waarna die skool die finale skoonmaak-werk sal doen.

Alle verhurings/besprekings word deur Riëtte Marais gedoen by [email protected]

Tarief is tans R200 pp per nag.
Jammer, GEEN troeteldiere