Meer oor
Ons SportRugby
Boland Landbou is gestig in 1962 en het huidiglik 390 seuns. Ons het 18 rugbyspanne wat weekliks teen die top rugbyskole in die Wes-Kaap meeding.
Oor die jare het Boland Landbou vier Springbokke opgelewer, naamlik Attie Strauss, Hottie Louw, Deon Carstens en Derick Hougaard.
Sedert die ontstaan van die Cravenweek in 1982, het Boland Landbou reeds 67 Cravenweek spelers opgelewer. In hierdie tydperk het daar 10 spelers vir die SA Skolespan gespeel, 4 spelers vir die SA Skole Akademiespan en 3 spelers vir die SA Akademiespan.
‘n Hoogtepunt elke jaar is ons Interskole wedstryd teen Oakdale van Riversdal. Sedert die eerste Interskole wedstryd van 1987, het Boland Landbou reeds 21 van die 32 Interskole wedstryde gewen en Oakdale 11. In 2010 het Interskole a.g.v varkgriep nie plaasgevind nie.
TOERE OORSEE ONDERNEEM
Suid-Amerika (1997); Dubai (2001)
Engeland, Wallis en Frankryk (2006)
New Zealand (2011)
Italië, Frankryk & Spanje (2015)
Ierland (2022)
Die skool is ook een van slegs ‘n paar skole in SA wat in 2002 die Sanix Wêreldtoernooi vir skole in Japan gewen het.
Boland Landbou speel in die Premier A-liga van die WP Rugby Unie en neem ook jaarliks aan elke top skole-rugbytoernooi in SA deel. Ons o.19A-rugbyspan neem deel aan die volgende toernooie.
• Wildeklawer skole-rugbytoernooi. Die top 20 rugbyskole in SA neem hieraan deel.
• Die St John’s Kollege Paastoernooi. Ander skole wat ook hieraan deelneem is Grey Kollege en Affies
• Die WP Rugbydag waar ons seuns op Nuweland speel.
• Die Blou Bulle Rugbydag waar ons seuns op Loftus Versfeld speel.
• Ons speel jaarliks twee wedstryde op TV by Wildeklawer en ons Interskole teen Oakdale.
Ons o.14A-, o.15A- en o.16A-rugbyspanne neem jaarliks deel aan die Outeniqua o.14-rugbyweek, die Boishaai o.15-rugbyweek en die Paarl Gimnasium o.16-rugbytoernooi.
AFRIGTING:
• Ons A-rugbyspanne het ervare afrigters met IRB Vlak 1 of 2 kwalifikasies.
• Die A-span afrigters is of oud-provinsiale spelers of het reeds op provinsiale vlak afgerig.
• Die Hoofafrigter van ons eerste rugbyspan Oloff Bergh, is ook die hulpafrigter van die WP Cravenweek XV-tal.
• Deon Carstens ‘n oudskolier en voormalige Springbok, Sharks, Saracens en WP-stut was een van ons 1ste span afrigters al vir die afgelope 6 jaar.
• Ons is ook baie bevoorreg dat Albertus Buckle wat profesionele rugby vir 10 jaar in Frankryk gespeel het, deel is van ons o.16A-afrigtingspan. Albertus het vir Castres, Biarritz, Grenoble en Lyon in die Franse top 14 uitgedraf. Hy is ook ‘n oudskolier van Boland Landbou wat op sy dag vir die SA Skolespan gespeel het.
NASIONALE & PROVINSIALE RUGBYSPELERS:
- Springbok: 5 (Canan Moodie, Attie Strauss, Hottie Louw, Deon Carstens & Derick Hougaard)
- SA O.20 2 (Arno van Wyk, Jondré Williams)
- Italië: 1 (Tobie Botes)
- Namibië Wêreldbeker: 1 (Danie van Wyk, Johan (Aranos) Coetzee & AJ de Klerk)
- Namibië Curriebeker: 1 (Francois Wiese)
- Springbok Sewes: 2 (Stefan Basson & José van Rensburg)
- Provinsiaal: 45 (Duren Hoffman, Duren Nasson, Canan Moodie, Sebastian de Klerck, Marco de Witt, Hendri van der Westhuizen, Attie Strauss, André Halvorsen, James Laurence, Johan Ramsauer, Hottie Louw, Derick Hougaard, Deon Carstens, Willem de Waal, Manie du Toit, Evert Kleinhaüs, Kobus le Roux, Stefan Basson, Pieter Wium, Cecil Kemp, José van Rensburg, Albertus Buckle, Clemen Lewis, Thor Halvorsen, Alwyn Bester, JP Geldenhuys, Heinrich Steyl, Johan Coetzee, Burger Schoeman, Tobie Botes, Morné Hanekom, Chris Buckle, Johan Herbst, Rossouw Kruger, Gerhard Jordaan, Jos Malherbe, Tiaan Loots, Nicolai Lubbe, Tiaan Radyn, Francois van Wyk, Justin Basson, AJ de Klerk, Arno van Wyk, Mathys Basson, Danrich Visagie)
- SA Skole: 10 (Darren Hendricks, Jondré Williams, Hottie Louw, Deon Carstens, Derick Hougaard, Kobus le Roux, Albertus Buckle, JP Basson, Andre Schikkerling, Stephan Basson,
- SA Skole Akademie: 4 (Evert Kleynhaus, Vlam Taljaard, CG Stoumann, Clemen Lewis, Athi Magwala)
- SA Akademie: 3 (Jonty Carstens, Albertus Buckle, Albertus Louw)