Imbuko Wines en Boland Landbou

As die enigste landbouskool in die land (en dalk die wêreld) met sy eie wingerd, het ons ‘n droom om die ou Melkstalle te omskep in ‘n funksionerende opleidingskelder.

Om hierdie droom af te skop, het ons (in samewerking met Windmeul Kelder) ons eie wyn laat botteleer. Die Landbouskool. Dit is ‘n heerlike 2021 Chenin Blanc asook ‘n uitstekende 2019 Cabernet/Merlot versnit. Oud-Bolander, Theunis (Magoppie) van Zyl (mx’ 1991) van Imbuko Wines het ook ‘n groot rol hierin gespeel. Hy het onder andere gehelp met unieke etikettering en unieke botteldoppe. Ons waardering is groot vir sy kennis, insette, betrokkenheid en bydrae. Stukkie vir stukkie word ons drome waar. Elke bottel wyn wat ons verkoop, bring ons ‘n trappie nader aan ons eie opleidingskelder vir die seuns.

KRY JOU WYNBESTELLINGS
\#leerleeflei #hartenhand

 

Meer Artikels