Divan Burger (gr. 12) het deelgeneem aan die Nasionale Bodemviskompetisie. Sy rooisteenbras, 38,5 kg, is moontlik (wag vir bevestiging) ‘n Junior Wêreld-, All Africa en SA-rekord. Hy is ook gekies as lid van die o.19 Suid-Afrikaanse Diepseehengelspan wat hom in die Top 3 in SA plaas. Verder is hy ook as die top hengelaar algeheel in die SA Nasionale Kampioenskappe gekroon.

Baie geluk, Divan. Boland Landbou is trots op jou!