As die enigste landbouskool in die land (en dalk die wêreld) met sy eie wingerd, het ons ‘n droom om die ou Melkstalle te omskep in ‘n funksionerende opleidingskelder.

Om hierdie droom af te skop, het ons (in samewerking met Windmeul Kelder) ons eie wyn laat botteleer. Dit is ‘n heerlike 2021 Chenin Blanc asook ‘n uitstekende 2019 Cabernet/Merlot versnit. Hierdie wyn kan aanlyn bestel word en op Vrydae by die Melkstalle afgehaal word (Huidige ouers kry 10% afslag).